MILLS & GROENEWALD PROKEREURS

VOORGESTELDE WYSIGING VAN "BROADCASTING"

Ek het die Staatskoerant van 15 Augustus 2002 nr. 23745 deurgelees en ek is hoogs ontsteld oor die inhoud daarvan. My besware is onder andere die volgende:

1. Is daar enige rede waarom die Staat die enigste aandeelhouer is in die voorgestelde Publieke maatskappy.

2. Waarom moet die bepaling van Art. 12 in die voorgestelde Wet ingebring in die opsig dat Minister die finale goedkeuring moet verleen wat betref die taalgebruik, inhoud, programme, ens.

3. Waarom is in terme van die voorgestelde Art. 32A, Afrikaans uitgesluit by die Noordelike Streeks Televisiediens.

Dit is opmerklik dat Setswana ingesluit is by die Noordelike en Suidelike afdeling, maar Afrikaans net by die Suidelike afdeling. Ek kan u verseker dat 'n groot groep mense in die Noordelike gedeelte ook Afrikaans praat.

Ek sal dit op prys stel indien u my beswaar noteer.


Die uwe

G P MILLS